TESTIMONIALS
"the gym smells so clean and fresh, it doesn't smell like a gym"
CURVES FITNESS
Our Satisfied Customers
19th Hole Golf Villa Span
Geagte Breedechem Span
Ons maak gebruik van julle produkte al vir drie jaar.
Dienslewering is altyd spoedig en en niks is te veel
gevra nie. Ons kry werklik goeie, effektiewe kliënte diens.
Die produk en prys is uitstekend, en mens kry altyd waarde vir jou geld.
Ons is nooit uit voorraad uit nie, want ons aflewerings word normaalweg binne ‘n dag of twee na bestelling, afgelewer.
Hou so aan met julle puik diens!
Odette Rogers - Parts Manager
Goeie dag.
Ons hier by Audensberg Toyota gebruik nou al ‘n geruime tydjie die produkte van BreedeChem, tot op hede kan ek met groot lof praat van hulle.
Indien ek my bestelling insit word dit binne 12-24 uur afgelewer.
Dankie vir julle puik diens en puik produkte.
Anna Viljoen
2019 sal die tweede jaar wees wat ons gebruik maak van BreedeChem se produkte en spyt is ons beslis nie.
Ons was opsoek na omgewingsvriendelik produkte en BreedeChem het presies vir ons gegee waarna ons gesoek het en dan nog teen ‘n goeie prys.
Hulle is die vriendelikste span!
As jy soek na die beste produk, pryse en diens, maak gebruik van BreedeChem en wees saam met ons nie spyt nie.
Mag julle sukses behaal!
Melody Botha - CEO
Ons gebruik al vir 2 jaar Breede Chem se produkte. Die Microfresh Biologx en die System Blocks werk fantasties met ons septiese tenk, aangesien dit die nodige bakteria bevat om die “riool” af te breek en alle reuke te neutraliseer.
Hulle vriendelike personeel en profesionele diens word hoog op prys gestel.
Mrs Vanessa Knowles
As the owner of Curves Worcester Ladies gym it has always been our top priority to have a hygienic and clean smelling gym. We had been struggling with off the shelf products that was first of all expensive and really didn’t do the job.
Since using Breedevallei Chemikaliee products I have had members comment “the gym smells so clean and fresh, it doesn’t smell like a gym”.
I have personally started using the products for my household even down to the washing powder which is fantastic. The service delivery is also outstanding, always on time with a smile.
I can advize anyone who is thinking of using this company, go for it, you will see the difference.
Andries Viljoen - Mede Eienaar
Ons doen al vir ongeveer 2 jaar besigheid met Breede Chem. Ons is baie gelukkig met die diens wat ons vanaf hulle kry. Hulle is altyd bereid om die ekstra myl vir hul kliënt te stap.
Met Pierre se kundigheid en Stacey se goeie verkoopsdiens het dit my skoonmaakmiddels aankope vergemaklik.
Ek sal Breede Chem vir enige besigheid aanbeveel.
Nelsia Möller - Praktyk Bestuurder
Die praktyk gebruik al 2 jaar Breede Chem se produkte.
Ons kan getuig hulle het fantastiese produkte; uitstekende kwaliteit teen goeie pryse.
Ons is gaande oor die freshgel, dit gee ‘n fantasties skoon reuk in die spreekkamer.
Ons kry altyd puik diens van hulle.
Probeer dit gerus.
Hardus Badenhorst Workshop Manager NTT Volkswagen Worcester
Eerstens wil ek net dankie se vir jou en Pierre se goeie diens, julle is altyd net n oproep weg en julle spring.
Agv julle goeie diens en julle uitstekende produkte sal ons so lank as moontlik by julle koop .Die wax en shampoo werk soos n mooi droom en die Pink tyre trim, wat kan ons se. Niemand se tyre trim kom naby julle sin nie. Ek weet sommer julle gaan nog groot hoogtes bereik en wens julle alles van die beste.
Mag ons nog baie jare saam besigheid doen.
Nuy Span
Ons gebruik al amper 2 jaar jul produkte en selfs ons personeel koop dit privaat aan.
Goeie prys vir kwaliteit produkte, regtig waarde vir geld!
Boonop word dit binne n maksimum van 2 dae afgelewer by Nuy on the Hill met vriendelike personeel.
Ons het nog niks minder as uitstekende diens gekry nie.
Hou so aan!
HUBRè TALJAARD - BESTUURDER: PERSEEL EN PERSONEEL
Graag wil ek hiermee ons tevredenheid uitspreek met Breede Chem se skoonmaakmiddels en goeie diens.
Ek word altyd met vriendelike flinke diens gehelp as ek ‘n bestelling plaas en enige navrae het in verband met hul produkte. Aflewering geskied binne ‘n dag of twee.
Die produkte self is van hoogstaande gehalte en word baie effektief gebruik in ons skool.
Die feit dat dit so gekonsentreerd is maak dit ook baie beskostigbaar.
Seën vir jul pad vorentoe.
Some of the companies that experienced our products










